Dis laat middag. Ek en ma sit en klets. Pa loop die TV kamer in en ek vra hom ‘n vraag. Op 73 hoor pa nie meer veel nie, en loop plots by my verby asof ek nie bestaan nie.
Ek en ma kyk hom agterna. Kopskuttend sê ma “Jy weet, jou pa hoor niks as ek met hom praat, maar weet jy, as ek poep, dan hóór hy my”.