My oudste, David was 6 toe hy eendag na skool verlangend na my aandetegewerskaf staar en behoorlik sy lippe aflêk vir die steak wat ek braai. Ek sien die honger in sy blik en stel voor dat hy en ‘n ander boetie maar hierdie eerste steak kan deel. “Maar onthou” sê ek: “By aandete sal julle weer een stuk moet deel want daar is net een stuk elks”.
Teen aandete toe almal aan tafel sit begin ek die steak uitdeel. Een vir Pa, een vir ma, een vir Marco, een vir Gina, een vir Damian, een vir Delano en toe spring David op. Met angs wys die voorvinger na die laaste stuk vleis, en benoud vra hy, “En wie se moerse stuk steak is dit daardie?”