Ons ry huistoe, na Kerk op Sondag. Pa en Ma voor en drie klein seuntjies agter op Ma se SUV bank.
“Wat het julle vandag in Sondagskool geleër?” Vra ma van voor.
Sonder huiwering kom ‘n brawe stemmetjie van agter “Ons het vandag van President Abraham Lincoln geleer”
Verontwaardig oor die feit dat kinders in Amerika nie Godsdiens in skool leer nie, vra ma met gif in haar hart. “Wat leer hulle, julle van Presidente in Sondagskool?”
Antwoord ‘n trotse stemmetjie van agter “Dat God vir Abraham gesê het om sy enigste seun op te offer”.