Vye Blare

Dis my verjaardag, 3 Julie, 2006. My ma bel om my geluk te wens. So begin haar storie:

Ek lê vanoggend en kyk uit die venster en dink terug aan die tyd toe ek swanger was met jou.

Die huis waarin ons gebly het, het ‘n vyeboom gehad, so reg by my venster. Jou sussie, sy was toe amper vier, het angstig op jou geboorte gewag. Sy het my aanhoudend gevra: “Mammie, wanneer kom my sussie?” Om haar ‘n idee van tyd te gee, sê ek “Sien jy daardie vyeboom? Wanneer al sy blare afgeval het, sal jou sussie kom”.

‘n Paar weke later loop ek deur die tuin en sien jou sussie besig om al die blare van die vyeboom aftepluk. “Waarom pluk jy die blare af?” Vra ek. Sy antwoord: “Maar Mammie het gesê dat as al die blare af is dan gaan my sussie kom”.

Published in:  on April 26, 2008 at 4:52 vm Lewer Kommentaar