Badtyd op Dankbaar

NiggiesBadtyd op Dankbaar is ‘n wonder wat begin met ‘n paar stompe in Oupa se vuurmaak-gieser. Eers wanneer Graaff-Reinet se brakwater kook en die groot badkamer met sy hoë hoë plafon lekker stomig warm is, word die klein kraantjie gierts-gierts oopgedraai sodat daar darem ‘n lekseltjie warm water die bad in vloei.

Met my sussie, ek en twee niggies saam in die bad gebondel, stoot die lekseltjie water darem effens hoër op sodat dit amper ons boudjies bedek. Maar mens voel mos nie die koue nie as jy so gesellig saam bad en groot-meisie wondere bedink.

“Smeer meer seep” sê ‘n niggie. “Dan gaan jy eendag groot tieties kry”. So smeer ons seep, todat ons toontjies soos verumpelende rosyntjies pruil en die water koud en galserig aan ons lyfies kleef, en ma ons kamma vieserig die bad uitboender, tot môre wanneer ons weer grootmeisie wondere kan bedink.

Published in: on April 25, 2008 at 9:07 nm Comments (1)

The URI to TrackBack this entry is: http://alett.wordpress.com/2008/04/25/badtyd-op-dankbaar/trackback/

RSS skakeling vir menings op die blad.

Een Kommentaar Leave a comment.

  1. Ek het nie geweet seep doen die ding nie! :lol:


Leave a Comment